Saturday, February 2, 2013

 

Ons bedien die wêreld met die liefde van  Christus!

NG KERK LIGKRUIS


Middelburg (Mpumalanga)

 VAKATURE: LERAAR

 GEMEENTEPROFIEL

·       Ligkruis is  ‘n groter plattelandse gemeente met ongeveer 1000 lidmate waarvan ongeveer 30% kinders is. Meer besonderhede kan gevind word op www.ngligkruis.blogspot.com

·       Die gemeente funksioneer op ‘n demografiese bedieningsmodel met die voltydse leraar wat  lidmate onder 55 in gesinsverband bedien en ‘n emeritus leraar wat die ongveer 33% lidmate bo 55 jaar bedien.

·       Die NG Kerk Ligkruis het ook ‘n amptelike wyksgemeente,  geleë in ‘n naburige swart woongebied wat bedien word deur ‘n evangeliste egpaar wat die wyk as ouderlinge op die setrale kerkraad verteenwoordig. Lidmate in die wyksgemeente is lidmate van  die NK Kerk Ligkruis.

·     Die gemeente volg 'n demografiese bedieningsmodel.  Die gemeente word bestuur deur die kerkraad wat saamgestel word deur ‘n sentrale kerkraad tesame met met twee wykskerkrade (Lg hanteer uitsluitlik die bediening aan lidmate bo 55 en lidmate onder 55 onderskeidelik).

·       Benewens die voltydse leraar en ‘n emeritus leraar, het die gemeente ‘n tweede leraar wat amptelik aan die gemeente gekoppel is, met ‘n nasionale en internasionale bediening verbonde aan die EEIII Kinder- en Jeugbediening.

·       Die gemeente streef daarna om ‘n dinamiese, dienende en doelgerigte gemeente te wees, wat Koninkryksgerig dink met ‘n gevolglike fokus om die wêreld vanaf ‘Jerusalem’ tot by die uithoeke van die aarde met die liefde van Jesus te bedien.     

PROFIEL


·       ‘n Leraar met bedieningservaring.

·       ‘n Toegewyde leraar, geheg aan ons Gereformeerde belydenis,  en met ‘n aanvoeling vir die gebalanseerde aanpassings wat die kerk moet maak in ‘n post-moderne wêreld, binne die Gereformeerde denkraamwerk.

·       ‘n Gawe en voorliefde om met kinders van alle ouderdomme te werk en verkieslik met ‘n bewese suksesrekord met jeugbediening.

·       ‘n Kennis van en aanvoeling vir die behoeftes van lidmate van alle. ouderdomsgroepe.

·       Moet in spanverband kan saamwerk maar ook oor die nodige vaardighede beskik. om ‘n span te lei en gemeente toe te rus vir hulle dienswerk.

·       Vaardige en kreatiewe bedienaar van die Woord.

·       ‘n Bekwame en passievolle pastor wat lief is vir mense.

·       Moet inkoop op die Koninkryksfokus van die gemeente.

 PLIGTE

·       Alle pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.

VERGOEDING


·       In ooreenstemming met Sinodale riglyne.

·       ‘n Pastorie is beskikbaar.

 AANSOEKE

·       Volledige CV met minstens drie verwysings

·       Sluitingsdatum: 8 Maart 2013

·       Kandidate op kortlys sal genooi word vir onderhoude

·       Diensaanvaarding onderhandelbaar

 KONTAKBESONDERHEDE


 
·       Diensverhoudinge

·       Posbus 1439 , Middelburg 1050

·       Faks:  013-2824181     E-pos:  ligkruis@telkomsa.net

Thursday, January 17, 2013


NG KERK LIGKRUIS


Middelburg (Mpumalanga)

 

VAKATURE: LERAAR

 

GEMEENTEPROFIEL

·       Ligkruis is  ‘n groter plattelandse gemeente met ongeveer 1000 lidmate waarvan ongeveer 30% kinders is.
 
 

·       Die gemeente funksioneer op ‘n demografiese bedieningsmodel met die voltydse leraar wat  lidmate onder 55 in gesinsverband bedien en ‘n emeritus leraar wat die ongveer 33% lidmate bo 55 jaar bedien.

·       Die gemeente het ook ‘n amptelike wyksgemeente geleë in ‘n naburige swart woongebied wat bedien word deur ‘n evangeliste egpaar wat die wyk as ouderlinge op die setrale kerkraad verteenwoordig. Lidmate in die wyksgemeente is lidmate van  die NK Kerk Ligkruis.

·       Die gemeente word bestuur deur die kerkraad wat saamgestel word deur ‘n sentrale kerkraad tesame met met twee wykskerkrade (Lg hanteer uitsluitlik die bediening aan lidmate bo 55 en lidmate onder 55 onderskeidelik)

·       Benewens die voltydse leraar en ‘n emeritus leraar, het die gemeente ‘n tweede leraar wat amptelik aan die gemeente gekoppel is, met ‘n nasionale en internasionale bediening verbonde aan die EEIII Kinder- en Jeugbediening.

·       Die gemeente streef daarna om ‘n dinamiese, dienende en doelgerigte gemeente te wees, wat Koninkryksgerig dink met ‘n gevolglike fokus om die wêreld vanaf ‘Jerusalem’ tot by die uithoeke van die aarde met die liefde van Jesus te bedien.     

 


PROFIEL


·       ‘n Leraar met bedieningservaring.

·       ‘n Toegewyde leraar, geheg aan ons Gereformeerde belydenis,  en met ‘n aanvoeling vir die gebalanseerde aanpassings wat die kerk moet maak in ‘n post-moderne wêreld, binne die Gereformeerde denkraamwerk.

·       ‘n Gawe en voorliefde om met kinders van alle ouderdomme te werk en verkieslik met ‘n bewese suksesrekord met jeugbediening

·       ‘n Kennis van en aanvoeling vir die behoeftes van lidmate van alle ouderdomsgroepe.

·       Moet in spanverband kan saamwerk maar ook oor die nodige vaardighede beskik om ‘n span te lei en gemeente toe te rus vir hulle dienswerk

·       Vaardige en kreatiewe bedienaar van die Woord

·       ‘n Bekwame en passievolle pastor wat lief is vir mense.

 

PLIGTE


·       Alle pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.

 


VERGOEDING


·       In ooreenstemming met Sinodale riglyne.

·       ‘n Pastorie is beskikbaar.

 

AANSOEKE


·       Volledige CV met minstens drie verwysings

·       Sluitingsdatum: 8 Maart 2013

·       Kandidate op kortlys sal genooi word vir onderhoude

·       Diensaanvaarding onderhandelbaar

 


KONTAKBESONDERHEDE


 

·       Diensverhoudinge

·       Posbus 1439 , Middelburg 1050

·       Faks:  013-2824181     E-pos:  ligkruis@telkomsa.net

Friday, July 27, 2012


                               LIGKRUIS EXTRAVAGANZA

Aangebied Deur

NG Kerk Ligkruis Middelburg 1 September 2012

Wenner se Prysgeld Beloop R15,000

Beoordeelaars Sluit In TV-Persoonlikhede:
DENVER & INGRID VRAAGOM (Sheldon & Vanessa van 7e Laan)


Bepalings En Voorwaardes

 

#   Uitdunne vir alle talent kategorieë word gehou vanaf 22-30 Augustus 2012. Die daaropvolgende finaal is `n gala-aand die 1ste September wat beoordeelaars insluit soos Denver en Ingrid Vraagom (Sheldon en Vanessa van 7e Laan).

#  Wenners prysgeld beloop R15 000.

#   Inskrywingsfooi is R200 per item en bewys van betaling moet die inskrywingsvorm vergesel.
#   BANKBESONDERHEDE:
NG MIDDELBURG-WES
ABSA MIDDELBURG
TAKKODE 334350
TJEKREKENING NOMMER 1040581045


Vir Inskrywingsvorms kliek kyk onderaan. Inskrywingsvorms kan ook direk by die NG Ligkruis Kerkkantoor afgehaal en ingehandig word, vergesel van die nodige bewys van betaling. Die kerkkantoor nommer is 013 243 2931. STUUR ALLE INSKRYWINGSVORMS AAN ngligkruis@telkomsa.net of faks aan 013 282 4181

#  Daar is geen ouderdomsbeperking nie, maar elke deelnemer mag slegs aan een item deelneem.

#  Sluitingsdatum vir inskrywings is streng 17 Augustus om 13h00.

#  Nadat u inligting verwerk is, sal u in kennis gestel word wanneer u oudisie is.

#  Skoolkinders en werkendes sal in ag geneem word en hul uitdunne sal smiddae of saans geskied.

#  Na afloop van die eerste rondte uitdunne, sal u in kennis gestel word, slegs as u deurgaan na die semi-finaal. Indien u geen terugvoer kry nie, beteken dit dat u nie deur is na die finaal nie.

#  Beoordeelaars se beslissings is finaal!

#  Na die eerste uitdunne sal daar 100 semi-finaliste aangewys word, wat Saterdag, deur die loop van die dag, met mekaar sal meeding. Slegs 15 deelnemers word gekies vir die finaal, wat tydens die gala-aand meeding om eerste, tweede en derde plek.

#  Eet en drinkgoed sal deurlopend te koop aangebied word op die terrein.

#  Vir verdere navrae skakel Janine by 084 206 1210 of vir Tersia by 076 544 0931.

VIR 'N INSKRYWINGSVORM KLIEK HIER

Wednesday, March 9, 2011

Die Here seën ons Geloofsoffer-belofte 2010/2011

Ons GOB jaar is voltooi. Uit R638 690 wat beloof is, is R557 045 ontvang! Dit is 87.21% van ons GOB vennote se beloftes.

Ons is bewus van `n paar wat weggetrek het, en ander met wie dit dié jaar nie goed gegaan het nie. Daarom is ons die Here OPREG DANKBAAR dat Hy die res sodanig geseën het dat ons so `n hoë persentasie van die beloftes ontvang het.

Aan die Here al die eer en aan ons GOB vennote - ons opregte dank en waardering vir julle gehoorsaamheid aan die Here.

Friday, July 23, 2010

Ons geloofsoffer-belofte kry hupstoot!

Op 5 Julie 2010 het ons geloofsoffer belofte soos volg daar uitgesien:


Maandelikse beloftes: R404 940
Eenmalige beloftes: R233 750
Totaal: R638 690

Op 5 Julie was oorbetalings reeds soos volg:
Eenmalig: R180 850
Maandeliks: R113 570
Totaal: R294 420

Ons is dankbaar teenoor die Here vir die geloofsgehoorsaamheid en toewyding van sy kinders aan hierdie opwindende projek!

Monday, June 21, 2010

Ons 2010/2011 Geloofsoffer-belofte

Presies 3 maande na die aanvang van ons GOB vir die huidige boekjaar, sien ons Geloofsoffer-belofte tans as volg daaruit:

Maandelikse beloftes vir die jaar: R410 940
Eenmalige beloftes vir die jaar: R233 750
Totaal vir die jaar: R644 690

Op 5 Junie was ons oorbetaling as volg:

Eenmalig: R70 350
Maandeliks R88 105
Totaal na 3 maande: R158 455

24.6% Oorbetalings vir een kwart van die jaar is so na aan die kol was wat ons kan wens!

Ons loof die Here vir gehoorsame kinders van die Here wat hulle vennootskap aan die GOB getrou en in gehoorsaamheid aan die Hom oorbetaal!

Friday, May 14, 2010

Light of the Cross Community Church hou basaar

1 Mei 2010 was nog `n eerste vir hierdie wyksgemeente van NGK Ligkruis. Alhoewel die weer nie lekker saamgespeel het nie, was daar `n hele klompie besoekers by die verskillende tafels wat gekreun het onder koekies, groente, melk en eiers ... en natuurlik die treffer: klere!

Die mooi bedrag van R4990 is ingesamel, ten spyte van die trietserige dag ...