Friday, July 27, 2012


                               LIGKRUIS EXTRAVAGANZA

Aangebied Deur

NG Kerk Ligkruis Middelburg 1 September 2012

Wenner se Prysgeld Beloop R15,000

Beoordeelaars Sluit In TV-Persoonlikhede:
DENVER & INGRID VRAAGOM (Sheldon & Vanessa van 7e Laan)


Bepalings En Voorwaardes

 

#   Uitdunne vir alle talent kategorieĆ« word gehou vanaf 22-30 Augustus 2012. Die daaropvolgende finaal is `n gala-aand die 1ste September wat beoordeelaars insluit soos Denver en Ingrid Vraagom (Sheldon en Vanessa van 7e Laan).

#  Wenners prysgeld beloop R15 000.

#   Inskrywingsfooi is R200 per item en bewys van betaling moet die inskrywingsvorm vergesel.
#   BANKBESONDERHEDE:
NG MIDDELBURG-WES
ABSA MIDDELBURG
TAKKODE 334350
TJEKREKENING NOMMER 1040581045


Vir Inskrywingsvorms kliek kyk onderaan. Inskrywingsvorms kan ook direk by die NG Ligkruis Kerkkantoor afgehaal en ingehandig word, vergesel van die nodige bewys van betaling. Die kerkkantoor nommer is 013 243 2931. STUUR ALLE INSKRYWINGSVORMS AAN ngligkruis@telkomsa.net of faks aan 013 282 4181

#  Daar is geen ouderdomsbeperking nie, maar elke deelnemer mag slegs aan een item deelneem.

#  Sluitingsdatum vir inskrywings is streng 17 Augustus om 13h00.

#  Nadat u inligting verwerk is, sal u in kennis gestel word wanneer u oudisie is.

#  Skoolkinders en werkendes sal in ag geneem word en hul uitdunne sal smiddae of saans geskied.

#  Na afloop van die eerste rondte uitdunne, sal u in kennis gestel word, slegs as u deurgaan na die semi-finaal. Indien u geen terugvoer kry nie, beteken dit dat u nie deur is na die finaal nie.

#  Beoordeelaars se beslissings is finaal!

#  Na die eerste uitdunne sal daar 100 semi-finaliste aangewys word, wat Saterdag, deur die loop van die dag, met mekaar sal meeding. Slegs 15 deelnemers word gekies vir die finaal, wat tydens die gala-aand meeding om eerste, tweede en derde plek.

#  Eet en drinkgoed sal deurlopend te koop aangebied word op die terrein.

#  Vir verdere navrae skakel Janine by 084 206 1210 of vir Tersia by 076 544 0931.

VIR 'N INSKRYWINGSVORM KLIEK HIER