Saturday, February 2, 2013

 

Ons bedien die wêreld met die liefde van  Christus!

NG KERK LIGKRUIS


Middelburg (Mpumalanga)

 VAKATURE: LERAAR

 GEMEENTEPROFIEL

·       Ligkruis is  ‘n groter plattelandse gemeente met ongeveer 1000 lidmate waarvan ongeveer 30% kinders is. Meer besonderhede kan gevind word op www.ngligkruis.blogspot.com

·       Die gemeente funksioneer op ‘n demografiese bedieningsmodel met die voltydse leraar wat  lidmate onder 55 in gesinsverband bedien en ‘n emeritus leraar wat die ongveer 33% lidmate bo 55 jaar bedien.

·       Die NG Kerk Ligkruis het ook ‘n amptelike wyksgemeente,  geleë in ‘n naburige swart woongebied wat bedien word deur ‘n evangeliste egpaar wat die wyk as ouderlinge op die setrale kerkraad verteenwoordig. Lidmate in die wyksgemeente is lidmate van  die NK Kerk Ligkruis.

·     Die gemeente volg 'n demografiese bedieningsmodel.  Die gemeente word bestuur deur die kerkraad wat saamgestel word deur ‘n sentrale kerkraad tesame met met twee wykskerkrade (Lg hanteer uitsluitlik die bediening aan lidmate bo 55 en lidmate onder 55 onderskeidelik).

·       Benewens die voltydse leraar en ‘n emeritus leraar, het die gemeente ‘n tweede leraar wat amptelik aan die gemeente gekoppel is, met ‘n nasionale en internasionale bediening verbonde aan die EEIII Kinder- en Jeugbediening.

·       Die gemeente streef daarna om ‘n dinamiese, dienende en doelgerigte gemeente te wees, wat Koninkryksgerig dink met ‘n gevolglike fokus om die wêreld vanaf ‘Jerusalem’ tot by die uithoeke van die aarde met die liefde van Jesus te bedien.     

PROFIEL


·       ‘n Leraar met bedieningservaring.

·       ‘n Toegewyde leraar, geheg aan ons Gereformeerde belydenis,  en met ‘n aanvoeling vir die gebalanseerde aanpassings wat die kerk moet maak in ‘n post-moderne wêreld, binne die Gereformeerde denkraamwerk.

·       ‘n Gawe en voorliefde om met kinders van alle ouderdomme te werk en verkieslik met ‘n bewese suksesrekord met jeugbediening.

·       ‘n Kennis van en aanvoeling vir die behoeftes van lidmate van alle. ouderdomsgroepe.

·       Moet in spanverband kan saamwerk maar ook oor die nodige vaardighede beskik. om ‘n span te lei en gemeente toe te rus vir hulle dienswerk.

·       Vaardige en kreatiewe bedienaar van die Woord.

·       ‘n Bekwame en passievolle pastor wat lief is vir mense.

·       Moet inkoop op die Koninkryksfokus van die gemeente.

 PLIGTE

·       Alle pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.

VERGOEDING


·       In ooreenstemming met Sinodale riglyne.

·       ‘n Pastorie is beskikbaar.

 AANSOEKE

·       Volledige CV met minstens drie verwysings

·       Sluitingsdatum: 8 Maart 2013

·       Kandidate op kortlys sal genooi word vir onderhoude

·       Diensaanvaarding onderhandelbaar

 KONTAKBESONDERHEDE


 
·       Diensverhoudinge

·       Posbus 1439 , Middelburg 1050

·       Faks:  013-2824181     E-pos:  ligkruis@telkomsa.net