Tuesday, March 9, 2010

Senior Vowassenes vier fees

Die Senior Volwasse Bediening glo dat Senior Volwasse lidmate nie net bedien moet word nie, maar ook moet dien. Daarom is ons senior volwasse lidmate op baie fronte in die gemeente aktief betrokke.

Ons laat die gemeente egter toe om ons lidmate bo 55 jaarliks eenkeer per jaar te bederf. Sondag 7 Maart 2010 was dié geleentheid.

Baie dankie aan Suzette Bekker en haar span. Julle is ware kampioene!











Monday, March 8, 2010

DIE EERSTE VRUGTE VAN DIE OES IN UITBREIDING 24

Sondag 28 Februarie 2010 was `n ware oesfees! Die eerste 8 nuwe lidmate van die Light of the Cross Community Church (ons wyksgemeente in Uitbreiding 24) het belydenis van geloof afgelê. Daar is ook - soos in die Bybelse tyd - 4 volledige gesinne gedoop.

Ons is die Here op reg dankbaar vir die vrug op die werk wat ongeveer September 2009 deur ons Evangelis/Kerkplanter Koos Senukwane gedoen word!

Daar is groot belangstelling. Ongeveer 75 besoekers kom redelik gereeld en elkeen wordf opgevolg.

Die groot aantal kinders en jongmense wat eredienste besoek is opvallend en baie bemoedigend.

Foto's:

Eerste 4 gedoopte gesinne















Eerste belydende lidmate
























Friday, March 5, 2010

WIE IS ONS?
















WAAR IS ONS?

Die NG Kerk Ligkruis is geleë in die mooi gebied van Gholfsig en Clubville in Middelburg, Mpumalanga.

ONS PERSONEEL EN KONTAKBESONDERHEDE

LERAARS:

Ds Petri Coetzee - 013 282 9059/084 207 3508/petric@telkomsa.net
Ds Petrus Moolman - 082 452 5826/lafras@mweb.co.za
Ds Chris Bester: (Kindergetuienis-mobiliseerder) 021 854 3200/082 444 5685 christkids@vodamail.co.za (Aerodromestraat 102, Strand 7140)
Evangelis Koos Senukwane - 084 809 0294

Kerkkantoor: Tel 013 243 2931/013 282 4181 (faks)
ngligkruis@telkomsa.net

Finansies: Sunette van Lingen - 083 406 5649
Skriba: Marthie du Preez - 084 945 0495

HOE GROOT IS DIE GEMEENTE?

Die gemeente het 734 belydende en 273 dooplidmate.

WAT MAAK DIE GEMEENTE BESONDERS?

Ons is `n gemeente wat die wêreld sien as ons bedieningsveld. Ons Wêreld-evangelisasieplan is geskoei op die Meesterplan van Jesus in Handelinge 1:8:

Wêreldwyk 1:

Plaaslike aktiwiteite en waarby `n komitee persoonlik en fisies betrokke is.

Wêreldwyk 2:

1. Ons het `n wyksgemeente gestig in die buitewyke van die dorp, met die naam LIGHT OF THE CROSS COMMUNITY CHURCH (NG Ligkruis Family)

Die Evangelis en Kerkplanter van dié gebied is Ouderling Koos Senukwane. Hy dien op ons kerkraad en is ons uitgestuurde na die gebied wat bekend staan as Uitbreiding 24.

Die doelwit van dié wyk is om die gemeenskap te bedien met die Evangelie van Jesus Christus, maar tegelyk hulle ook te bedien in hulle nood op maatskaplike, ekonomiese en gesondheidsvlakke.

2. OIKOS program vir hawelose mense.

Hierdie program poog om mense wat om bepaalde redes haweloos en ontredderd is, deur middel van `n multi-professionele program weer lig te laat sien, hulle in `n werk te help en hulle nuttige burgers van die sameling te maak. Die program is Christelik gefundeer. Besoek gerus www.OIKOS-program.blogspot.com vir meer besonderhede

3. Wêreldwyk 3:

Ds Chris Bester is leraar van die gemeente en uitgestuurde leraar na die die EEIII Kinderbediening. Sy bediening strek oor veral Afrika, maar hy bedien ook in die buiteland soos Madagaskar en Rusland.

4. Wêreldwyk 4:

Ons bediening in die uithoeke van die aarde fokus op die werk onder Islam. Ons ondersteun twee groot wêreld-organisasies, naamlik F.E.B.A. Radio, wat hoofsaaklik op die Moslemwêreld in die minsbereikte land fokus, asook `n projek van Ge-opende Deure, wat betrokke is by die ondersteuning van Christene in `n onbereikte Moslem land.

HOE WERK ONS GEMEENTEBEDIENING?

Die twee leraars fokus elk op onderskeidelik die lidmate onder 55 jaar en dié bo 55 jaar. Ten einde hulle betekenisvol te bedien het ons die volgende in plek:

Ons moedig lidmate aan om sover moontlik by SELGROEPE in te skakel.

  • Ons het `n GASVRYHEIDS BEDIENINGSGROEP wat persone besoek wat nuut intrek.
  • Ons het `n gevorderde KOMMUNIKASIEPLAN in werking waardeur deurlopend met alle lidmate gekommunikeer word deur middel van e-pos, SMS, en slakkepos. Nuusbriewe word kwartaalliks aan die lidmate van beide kategoriale bedienings versend deur middel van die medium wat hulle verkies.

Die bediening aan lidmate onder 55 jaar word hanteer deur Ds Petri Coetzee. Dit sluit, benewens die normale pastoraat, onder andere in:

(i) Verbondsbediening aan gesinne en kinders, sowel as jong gesinne geloop met wie `n pad geloop word vanaf swangerskap tot by jeugbediening.

(ii) Peuter, Kinder en Jeugbediening, wat ons TEKKIES noem ('Ek Kies Jesus'), waardeur groepe op hulle vlakke en begripsvermoë bedien word.

(iii) `n Weeklikse Bybelskool

(1v) Aanbieding van aktuele onderwerpe in groepe

Die bediening aan lidmate bo 55 jaar word deur Ds Petrus Moolman hanteer en sluit in:

(i) Bereiking van hierdie groep lidmate in verskillende stadia, nl

- Lidmate OPPAD NA AFTREDE

- Lidmate REEDS AFGETREE MAAR EKONOMIES AKTIEF

- Lidmate REEDS AFGETREE EN SOSIAAL AKTIEF

- Lidmate wat TUISGEBONDE is vanweë fisieke of ander inperkings

(ii) Geskeduleerde toepaslike byeenkomste en besoeke wat fokus op die verskillende groepe bo 55

(iii) Besoeke en kontak deur `n WELWILLENDHEIDSGROEP op verjaarsdae en allerlei gesins-vierings

(iv) `n Weeklikse Bybelstudiegroep wat MAKSI's genoem word

(iii) Geskeduleerde pastorale besoeke deur die leraar, veral op verjaarsdae.

Benewens die bostaande, is leraars deurlopend beskikbaar vir enige nood