Ons bedien die wêreld met die liefde van Christus!
NG KERK LIGKRUIS
Middelburg (Mpumalanga)
·
Ligkruis is ‘n groter plattelandse gemeente met ongeveer 1000
lidmate waarvan ongeveer 30% kinders is. Meer besonderhede kan gevind word op www.ngligkruis.blogspot.com
·
Die gemeente
funksioneer op ‘n demografiese bedieningsmodel met die voltydse leraar wat lidmate onder 55 in gesinsverband bedien en
‘n emeritus leraar wat die ongveer 33% lidmate bo 55 jaar bedien.
·
Die NG Kerk
Ligkruis het ook ‘n amptelike wyksgemeente, geleë in ‘n naburige swart woongebied wat
bedien word deur ‘n evangeliste egpaar wat die wyk as ouderlinge op die setrale
kerkraad verteenwoordig. Lidmate in die wyksgemeente is lidmate van die NK Kerk Ligkruis.
· Die gemeente volg 'n demografiese bedieningsmodel.
Die gemeente word
bestuur deur die kerkraad wat saamgestel word deur ‘n sentrale kerkraad tesame met
met twee wykskerkrade (Lg hanteer uitsluitlik die bediening aan lidmate bo 55 en lidmate onder 55 onderskeidelik).
·
Benewens die
voltydse leraar en ‘n emeritus leraar, het die gemeente ‘n tweede leraar wat
amptelik aan die gemeente gekoppel is, met ‘n nasionale en internasionale
bediening verbonde aan die EEIII Kinder- en Jeugbediening.
·
Die gemeente streef
daarna om ‘n dinamiese, dienende en doelgerigte gemeente te wees, wat Koninkryksgerig dink met ‘n gevolglike
fokus om die wêreld vanaf ‘Jerusalem’ tot by die uithoeke van die aarde met die
liefde van Jesus te bedien.
PROFIEL
·
‘n Leraar met
bedieningservaring.
·
‘n Toegewyde
leraar, geheg aan ons Gereformeerde belydenis, en met ‘n aanvoeling vir die gebalanseerde
aanpassings wat die kerk moet maak in ‘n post-moderne wêreld, binne die
Gereformeerde denkraamwerk.
·
‘n Gawe en
voorliefde om met kinders van alle ouderdomme te werk en verkieslik met ‘n bewese
suksesrekord met jeugbediening.
·
‘n Kennis van en
aanvoeling vir die behoeftes van lidmate van alle. ouderdomsgroepe.
·
Moet in
spanverband kan saamwerk maar ook oor die nodige vaardighede beskik. om ‘n span
te lei en gemeente toe te rus vir hulle dienswerk.
·
Vaardige en
kreatiewe bedienaar van die Woord.
·
‘n Bekwame en
passievolle pastor wat lief is vir mense.
·
Moet inkoop op
die Koninkryksfokus van die gemeente.
·
Alle pligte soos
vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.
VERGOEDING
·
In ooreenstemming
met Sinodale riglyne.
·
‘n Pastorie is
beskikbaar.
·
Volledige CV met
minstens drie verwysings
·
Sluitingsdatum: 8
Maart 2013
·
Kandidate op
kortlys sal genooi word vir onderhoude
·
Diensaanvaarding
onderhandelbaar
KONTAKBESONDERHEDE
·
Diensverhoudinge
·
Posbus 1439 , Middelburg 1050
·
Faks: 013-2824181 E-pos:
ligkruis@telkomsa.net