Saturday, February 2, 2013
NG KERK LIGKRUIS
VERGOEDING
Thursday, January 17, 2013
NG KERK LIGKRUIS
PROFIEL
PLIGTE
VERGOEDING
AANSOEKE
KONTAKBESONDERHEDE
Friday, July 27, 2012
LIGKRUIS EXTRAVAGANZA
Aangebied Deur
NG Kerk Ligkruis Middelburg 1 September 2012
Wenner se Prysgeld Beloop R15,000
Beoordeelaars Sluit In TV-Persoonlikhede:
DENVER & INGRID VRAAGOM (Sheldon & Vanessa van 7e Laan)
Bepalings En Voorwaardes
# Uitdunne vir alle talent kategorieë word gehou vanaf 22-30 Augustus 2012. Die daaropvolgende finaal is `n gala-aand die 1ste September wat beoordeelaars insluit soos Denver en Ingrid Vraagom (Sheldon en Vanessa van 7e Laan).
# Wenners prysgeld beloop R15 000.
# Inskrywingsfooi is R200 per item en bewys van betaling moet die inskrywingsvorm vergesel.
# BANKBESONDERHEDE:
NG MIDDELBURG-WES
ABSA MIDDELBURG
TAKKODE 334350
TJEKREKENING NOMMER 1040581045
# Vir Inskrywingsvorms kliek kyk onderaan. Inskrywingsvorms kan ook direk by die NG Ligkruis Kerkkantoor afgehaal en ingehandig word, vergesel van die nodige bewys van betaling. Die kerkkantoor nommer is 013 243 2931. STUUR ALLE INSKRYWINGSVORMS AAN ngligkruis@telkomsa.net of faks aan 013 282 4181
# Daar is geen ouderdomsbeperking nie, maar elke deelnemer mag slegs aan een item deelneem.
# Sluitingsdatum vir inskrywings is streng 17 Augustus om 13h00.
# Nadat u inligting verwerk is, sal u in kennis gestel word wanneer u oudisie is.
# Skoolkinders en werkendes sal in ag geneem word en hul uitdunne sal smiddae of saans geskied.
# Na afloop van die eerste rondte uitdunne, sal u in kennis gestel word, slegs as u deurgaan na die semi-finaal. Indien u geen terugvoer kry nie, beteken dit dat u nie deur is na die finaal nie.
# Beoordeelaars se beslissings is finaal!
# Na die eerste uitdunne sal daar 100 semi-finaliste aangewys word, wat Saterdag, deur die loop van die dag, met mekaar sal meeding. Slegs 15 deelnemers word gekies vir die finaal, wat tydens die gala-aand meeding om eerste, tweede en derde plek.
# Eet en drinkgoed sal deurlopend te koop aangebied word op die terrein.
# Vir verdere navrae skakel Janine by 084 206 1210 of vir Tersia by 076 544 0931.
VIR 'N INSKRYWINGSVORM KLIEK HIER
Wednesday, March 9, 2011
Die Here seën ons Geloofsoffer-belofte 2010/2011
Ons is bewus van `n paar wat weggetrek het, en ander met wie dit dié jaar nie goed gegaan het nie. Daarom is ons die Here OPREG DANKBAAR dat Hy die res sodanig geseën het dat ons so `n hoë persentasie van die beloftes ontvang het.
Aan die Here al die eer en aan ons GOB vennote - ons opregte dank en waardering vir julle gehoorsaamheid aan die Here.
Friday, July 23, 2010
Ons geloofsoffer-belofte kry hupstoot!
Maandelikse beloftes: R404 940
Eenmalige beloftes: R233 750
Totaal: R638 690
Op 5 Julie was oorbetalings reeds soos volg:
Eenmalig: R180 850
Maandeliks: R113 570
Totaal: R294 420
Ons is dankbaar teenoor die Here vir die geloofsgehoorsaamheid en toewyding van sy kinders aan hierdie opwindende projek!
Monday, June 21, 2010
Ons 2010/2011 Geloofsoffer-belofte
Maandelikse beloftes vir die jaar: R410 940
Eenmalige beloftes vir die jaar: R233 750
Totaal vir die jaar: R644 690
Op 5 Junie was ons oorbetaling as volg:
Eenmalig: R70 350
Maandeliks R88 105
Totaal na 3 maande: R158 455
24.6% Oorbetalings vir een kwart van die jaar is so na aan die kol was wat ons kan wens!
Ons loof die Here vir gehoorsame kinders van die Here wat hulle vennootskap aan die GOB getrou en in gehoorsaamheid aan die Hom oorbetaal!
Friday, May 14, 2010
1 Mei 2010 was nog `n eerste vir hierdie wyksgemeente van NGK Ligkruis. Alhoewel die weer nie lekker saamgespeel het nie, was daar `n hele klompie besoekers by die verskillende tafels wat gekreun het onder koekies, groente, melk en eiers ... en natuurlik die treffer: klere!
Die mooi bedrag van R4990 is ingesamel, ten spyte van die trietserige dag ...
Tuesday, March 9, 2010
Senior Vowassenes vier fees
Ons laat die gemeente egter toe om ons lidmate bo 55 jaarliks eenkeer per jaar te bederf. Sondag 7 Maart 2010 was dié geleentheid.

Monday, March 8, 2010
Sondag 28 Februarie 2010 was `n ware oesfees! Die eerste 8 nuwe lidmate va
n die Light of the Cross Community Church (ons wyksgemeente in Uitbreiding 24) het belydenis van geloof afgelê. Daar is ook - soos in die Bybelse tyd - 4 volledige gesinne gedoop.Daar is groot belangstelling. Ongeveer 75 besoekers kom redelik gereeld en elkeen wordf opgevolg.
Die groot aantal kinders en jongmense wat eredienste besoek is opvallend en baie bemoedigend.
Foto's:
Eerste 4 gedoopte gesinne

Eerste belydende lidmate

Friday, March 5, 2010
WIE IS ONS?

WAAR IS ONS?
Die NG Kerk Ligkruis is geleë in die mooi gebied van Gholfsig en Clubville in Middelburg, Mpumalanga.
ONS PERSONEEL EN KONTAKBESONDERHEDE
LERAARS:
Ds Petri Coetzee - 013 282 9059/084 207 3508/petric@telkomsa.net
Ds Petrus Moolman - 082 452 5826/lafras@mweb.co.za
Ds Chris Bester: (Kindergetuienis-mobiliseerder) 021 854 3200/082 444 5685 christkids@vodamail.co.za (Aerodromestraat 102, Strand 7140)
Evangelis Koos Senukwane - 084 809 0294
Kerkkantoor: Tel 013 243 2931/013 282 4181 (faks)
ngligkruis@telkomsa.net
Finansies: Sunette van Lingen - 083 406 5649
Skriba: Marthie du Preez - 084 945 0495
HOE GROOT IS DIE GEMEENTE?
Die gemeente het 734 belydende en 273 dooplidmate.
WAT MAAK DIE GEMEENTE BESONDERS?
Ons is `n gemeente wat die wêreld sien as ons bedieningsveld. Ons Wêreld-evangelisasieplan is geskoei op die Meesterplan van Jesus in Handelinge 1:8:
Wêreldwyk 1:
Plaaslike aktiwiteite en waarby `n komitee persoonlik en fisies betrokke is.
Wêreldwyk 2:
1. Ons het `n wyksgemeente gestig in die buitewyke van die dorp, met die naam LIGHT OF THE CROSS COMMUNITY CHURCH (NG Ligkruis Family)
Die Evangelis en Kerkplanter van dié gebied is Ouderling Koos Senukwane. Hy dien op ons kerkraad en is ons uitgestuurde na die gebied wat bekend staan as Uitbreiding 24.
Die doelwit van dié wyk is om die gemeenskap te bedien met die Evangelie van Jesus Christus, maar tegelyk hulle ook te bedien in hulle nood op maatskaplike, ekonomiese en gesondheidsvlakke.
2. OIKOS program vir hawelose mense.
Hierdie program poog om mense wat om bepaalde redes haweloos en ontredderd is, deur middel van `n multi-professionele program weer lig te laat sien, hulle in `n werk te help en hulle nuttige burgers van die sameling te maak. Die program is Christelik gefundeer. Besoek gerus www.OIKOS-program.blogspot.com vir meer besonderhede
3. Wêreldwyk 3:
Ds Chris Bester is leraar van die gemeente en uitgestuurde leraar na die die EEIII Kinderbediening. Sy bediening strek oor veral Afrika, maar hy bedien ook in die buiteland soos Madagaskar en Rusland.
4. Wêreldwyk 4:
Ons bediening in die uithoeke van die aarde fokus op die werk onder Islam. Ons ondersteun twee groot wêreld-organisasies, naamlik F.E.B.A. Radio, wat hoofsaaklik op die Moslemwêreld in die minsbereikte land fokus, asook `n projek van Ge-opende Deure, wat betrokke is by die ondersteuning van Christene in `n onbereikte Moslem land.
HOE WERK ONS GEMEENTEBEDIENING?
Die twee leraars fokus elk op onderskeidelik die lidmate onder 55 jaar en dié bo 55 jaar. Ten einde hulle betekenisvol te bedien het ons die volgende in plek:
Ons moedig lidmate aan om sover moontlik by SELGROEPE in te skakel.
- Ons het `n GASVRYHEIDS BEDIENINGSGROEP wat persone besoek wat nuut intrek.
- Ons het `n gevorderde KOMMUNIKASIEPLAN in werking waardeur deurlopend met alle lidmate gekommunikeer word deur middel van e-pos, SMS, en slakkepos. Nuusbriewe word kwartaalliks aan die lidmate van beide kategoriale bedienings versend deur middel van die medium wat hulle verkies.
Die bediening aan lidmate onder 55 jaar word hanteer deur Ds Petri Coetzee. Dit sluit, benewens die normale pastoraat, onder andere in:
(i) Verbondsbediening aan gesinne en kinders, sowel as jong gesinne geloop met wie `n pad geloop word vanaf swangerskap tot by jeugbediening.
(ii) Peuter, Kinder en Jeugbediening, wat ons TEKKIES noem ('Ek Kies Jesus'), waardeur groepe op hulle vlakke en begripsvermoë bedien word.
(iii) `n Weeklikse Bybelskool
(1v) Aanbieding van aktuele onderwerpe in groepe
Die bediening aan lidmate bo 55 jaar word deur Ds Petrus Moolman hanteer en sluit in:
(i) Bereiking van hierdie groep lidmate in verskillende stadia, nl
- Lidmate OPPAD NA AFTREDE
- Lidmate REEDS AFGETREE MAAR EKONOMIES AKTIEF
- Lidmate REEDS AFGETREE EN SOSIAAL AKTIEF
- Lidmate wat TUISGEBONDE is vanweë fisieke of ander inperkings
(ii) Geskeduleerde toepaslike byeenkomste en besoeke wat fokus op die verskillende groepe bo 55
(iii) Besoeke en kontak deur `n WELWILLENDHEIDSGROEP op verjaarsdae en allerlei gesins-vierings
(iv) `n Weeklikse Bybelstudiegroep wat MAKSI's genoem word
(iii) Geskeduleerde pastorale besoeke deur die leraar, veral op verjaarsdae.
Benewens die bostaande, is leraars deurlopend beskikbaar vir enige nood

